Leksikograaf Boodskappe: 20577 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
modder
Afbreking: mod•der
Selfstandige naamwoord: modder
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Papperige mengsel van grond, vuilgoed en water.
Gebruik:
• Die kinders se klere is met modder besmeer.
Spreekwoord:
• Iemand deur die modder sleep. [Iemand belaster.]
• So gelukkig soos 'n vark in modder. [Baie gelukkig.]
• Iemand uit die modder uithelp. [Iemand uit die moeilikheid help.]
• Met modder gooi. [Iemand sonder rede en op 'n gemene manier slegmaak.]
• Varke skuur hul modder teen pilare af. [Slegte mense beklad fatsoenlikes.]
• Wie modder gooi, verloor grond. [Diegene wat ander kritiseer verloor self geloofwaardigheid.]