kinkel [boodskap #132005] |
Ma, 06 Julie 2020 14:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20577 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kinkel
Afbreking: kin•kel
Selfstandige naamwoord: kinkel
Meervoud: kinkels
Verkleinwoord: kinkeltjie
Meervoud van verkleining: kinkeltjies
Betekenis:
• 'n Buig of knak in 'n pyp, kabel, tou of draad.
• Iets wat draaie en kronkels maak.
• Iets onverwags; slim of sluwe plan; nuk of streek.
Gebruik:
• Jy moet die kinkels uithaal voor jy die tuinslang oprol.
• Die stroompie kinkel deur die berge.
• Die rolprent handel oor grondeise, maar met 'n kinkel.
Spreekwoord:
• Daar is 'n kinkel in die kabel. ['n Onvoorsiene moeilikheid of wending.]
Wisselvorm:
• kink
Vertaling:
Engels: bend, curl, kink; hitch
Nederlands: kinkel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|