Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lobola
lobola [boodskap #132004] Ma, 06 Julie 2020 14:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20577
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lobola
Afbreking: lo•bo•la


Selfstandige naamwoord: lobola
Meervoud: lobolas
Verkleinwoord: lobolatjie
Meervoud van verkleining: lobolatjies

Betekenis:
• Geld of geskenke wat 'n bruidegom namens sy familie aan die bruid se familie betaal.

Gebruik:
• Die doel van lobola is om die families nader aan mekaar te bring, wedersydse respek te kweek, en as bewys dat die man vir die vrou sal kan sorg.

Wisselvorm:
• lobôla
• lobolo

Sinoniem:
• bruidsbeeste
• bruidsprys

Vertaling:
Engels: bride price
Shona: roora
Sotho: magadi, mahadi
Zoeloe: ilobolo

Nota:
• "Bruidskat" word soms losweg as sinoniem gebruik, maar dis tegnies eerder 'n "bruidsprys".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoenderkop
Volgende onderwerp: kinkel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 18:27:38 MGT 2024