Betekenis:
• (mitologie) Fabelagtige voël, enig in sy soort, wat homself elke 500 jaar verbrand en weer uit sy eie as herrys (as simbool van onsterflikheid).
• (figuurlik) 'n Unieke en seldsaam begaafde persoon.
• (figuurlik) Vervanging vir iets wat verwoes is, veral deur vuur.
Gebruik:
• Ra is onder andere ook as 'n ram, kewer, feniks, slang, bul, kat en 'n leeu uitgebeeld.
• Albert Einstein was 'n ware feniks.
• Ons sal opstaan en soos die feniks uit die as verrys.
Sinoniem:
• feniksvoël
Hiperoniem:
• fabeldier
Vertaling:
Engels: phoenix
Nederlands: feniks
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.