Betekenis:
• Nagemaakte hare wat op die kop gedra word om 'n kaal hoof of 'n persoon se eie hare te bedek.
Gebruik:
• Riaan Cruywagen pryk met sy nuwe pruik op televisie.
• In die agtiende eeu (die sogenaamde pruiketyd) was die dra van pruike hoog in die mode.
Afgelei:
• pruiketyd
• pruikmaker
Vertaling:
Engels: wig, periwig
Nederlands: pruik
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.