blydskap [boodskap #131920] |
Do, 02 Julie 2020 18:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20577 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
blydskap
Afbreking: blyd•skap
Selfstandige naamwoord: blydskap
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Gevoel van gelukkig en bly wees.
Gebruik:
• Die kinders maak wawiele van blydskap toe die skole vir die vakansie sluit.
Sinoniem:
• blymoedigheid
• lewenslustigheid
• opgeruimdheid
• vreugde
• vrolikheid
Antoniem:
• droefheid
• smart
• verdriet
Vertaling:
Engels: joy, gladness
Nederlands: blijdschap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|