opgeruimd [boodskap #131913] |
Do, 02 Julie 2020 11:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20577 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opgeruimd
Afbreking: op•ge•ruimd
Byvoeglike naamwoord: opgeruimd
Attributief: opgeruimde
Betekenis:
• Vrolik, plesierig en uitgelate.
Gebruik:
• As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing. [Jakobus 5:13]
Sinoniem:
• blyhartig
• blymoedig
• gemoedelik
• joviaal
• vriendelik
Antoniem:
• neerslagtig
Afgelei:
• opgeruimdheid
Vertaling:
Engels: cheerful, good-humoured
Nederlands: opgeruimd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|