Betekenis:
• Iemand wat duik; persoon wat 'n duik-aksie uitvoer.
• (duiksport) Persoon wat onder die water swem of werk; paddaman.
• (soogdier) Een van drie bokkies in die onderfamilie Cephalophinae: gewone duiker (Sylvicapra grimmia), blouduiker (bloubokkie) en rooiduiker.
• (voël) Een van 'n aantal swemvoëls in die genus Podiceps wat hul prooi onder water vang.
Gebruik:
• Die duiker spring sierlik van die duikplank af.
• 'n Duiker is ingestuur om die skip se romp te ondersoek.
• 'n Volwasse duiker het 'n gemiddelde massa van 12 kg en 'n hoogte van ongeveer 50 cm.