Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verkyker
verkyker [boodskap #131908] Do, 02 Julie 2020 09:33
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20577
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Verkyker.
'n Verkyker.
verkyker
Afbreking: ver•ky•ker
Samestelling: ver + kyker


Selfstandige naamwoord: verkyker
Meervoud: verkykers
Verkleinwoord: verkykertjie
Meervoud van verkleining: verkykertjies

Betekenis:
• 'n Optiese instrument om voorwerpe (deur die vergrotende effek van die instrument) op groot afstand te kan waarneem.

Gebruik:
• As die verkyker 'n groter voorste lens het, sal dit meer lig inlaat en die beeld sal helderder gesien kan word.

Wisselvorm:
• vêrkyker

Sinoniem:
• binokel
• loerpypie (komies)

Verwant:
• teleskoop

Vertaling:
Engels: binoculars
Nederlands: verrekijker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: weeskind
Volgende onderwerp: duiker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 18:23:24 MGT 2024