Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » flikker
flikker [boodskap #131895] Wo, 01 Julie 2020 10:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20577
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
flikker
Afbreking: flik•ker


Werkwoord: flikker
Verlede tyd: het geflikker
Teenwoordige deelwoord: flikkerende

Betekenis:
• Met tussenposes verlig en verdof; afwisselend meer en minder (of geen) lig uitstraal of weerkaats.

Gebruik:
• Wanneer 'n motor se flikkerligte tegelyk links en regs flikker, is dit 'n waarskuwingsteken.

Sinoniem:
• skitter

Vertaling:
Engels: to flash, flicker, glitter
Nederlands: flikkeren, knipperen


Selfstandige naamwoord: flikker
Meervoud: flikkers
Verkleinwoord: flikkertjie
Meervoud van verkleining: flikkertjies

Betekenis:
• 'n Voorwerp wat flikker, soos 'n flikkerlig.

Gebruik:
• Sit jou flikker aan voor jy draai.

Vertaling:
Engels: flicker; indicator
Nederlands: knipperlicht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: makker
Volgende onderwerp: neusgat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 18:26:22 MGT 2024