boomslang [boodskap #131828] |
Sa, 27 Junie 2020 16:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
boomslang
Afbreking: boom•slang
Samestelling: boom + slang
Selfstandige naamwoord: boomslang
Meervoud: boomslange
Verkleinwoord: boomslangetjie
Meervoud van verkleining: boomslangetjies
Betekenis:
• (algemeen) 'n Slang wat in 'n boom leef.
• (reptiel) Groot, gladde, giftige slang van Afrika suid van die Sahara, Dispholidus typus.
Gebruik:
• Pasop vir die boomslang in die okkerneutboom.
• Die volwasse boomslang word ongeveer 1,5 meter lank.
Vertaling:
Engels: boomslang
Nederlands: boomslang
Nota:
• Die Afrikaanse woord is in talle ander tale, onder ander in Engels en Nederlands, opgeneem.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|