kanon [boodskap #131817] |
Sa, 27 Junie 2020 08:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kanon
Afbreking: ka•non
Selfstandige naamwoord: kanon
Meervoud: kanonne
Verkleinwoord: kanonnetjie
Meervoud van verkleining: kanonnetjies
Betekenis:
• Wapen waarmee plofbare projektiele afgevuur word; grofgeskut met 'n groot kaliber.
Gebruik:
• Die kanon op Seinheuwel in Kaapstad word daagliks teen 12:00 gevuur.
Sinoniem:
• katlagter
Afgelei:
• kanonkoeël
• kanonskoot
• kanonstelling
• kanonvuur
• waterkanon
Vertaling:
Engels: cannon, gun
Nederlands: kanon
Selfstandige naamwoord: kanon
Meervoud: kanons
Betekenis:
• 'n Algemene wet, reël, beginsel of voorskrif.
Gebruik:
• Tydens Gelasius se pontifiaat word die kanon van die Bybel tydens 'n sinode in Rome in 494 vasgestel.
Vertaling:
Engels: canon
Nederlands: canon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|