Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tongknoper
tongknoper [boodskap #131814] Vr, 26 Junie 2020 20:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tongknoper
Afbreking: tong•kno•per
Samestelling: tong + knoper


Selfstandige naamwoord: tongknoper
Meervoud: tongknopers
Verkleinwoord: tongknopertjie
Meervoud van verkleining: tongknopertjies

Betekenis:
• 'n Woord of woordgroep waarvan die korrekte uitspraak moeilik is en wat gebruik kan word om sekere klanke te oefen.

Gebruik:
• Probeer die volgende tongknoper so vinnig as moontlik sê: "Swart slange seil stil sodat stadige skilpad saggies sal slaap."

Sinoniem:
• snelsêer
• tongbreker

Vertaling:
Engels: tongue-twister
Nederlands: tongbreker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: botterskorsie
Volgende onderwerp: glans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 20:33:17 MGT 2024