sprinkaan [boodskap #131810] |
Vr, 26 Junie 2020 19:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sprinkaan
Afbreking: sprin•kaan
Selfstandige naamwoord: sprinkaan
Meervoud: sprinkane
Verkleinwoord: sprinkaantjie
Meervoud van verkleining: sprinkaantjies
Betekenis:
• 'n Insek wat ver kan spring en hulle vlerke teen hul agterpote vryf, orde Orthoptera.
Gebruik:
• 'n Swerm bestaan soms uit miljarde insekte en elke sprinkaan vreet elke dag sy eie gewig aan kos.
Spreekwoord:
• Dis jare wat die sprinkaan opgevreet het. [Verlore jare.]
Hiponiem:
• bruinsprinkaan
• grassprinkaan
• rooisprinkaan
• treksprinkaan
• veldsprinkaan
Afgelei:
• sprinkaanbeheer
• sprinkaanplaag
• sprinkaanswerm
Vertaling:
Engels: grasshopper, locust
Nederlands: sprinkhaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|