pampoentjies [boodskap #131803] |
Vr, 26 Junie 2020 13:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pampoentjies
Afbreking: pam•poen•tjies
Selfstandige naamwoord: pampoentjies
Meervoud: –
Betekenis:
• Aansteeklike siekte van die speekselklier (parotisklier) voor en onder die oor.
Gebruik:
• Pampoentjies is 'n algemene siekte onder klein kindertjies, maar dit kan gevaarlik wees tydens puberteit.
Vertaling:
Engels: mumps
Nederlands: bof
Selfstandige naamwoord: pampoen
Meervoud: pampoene
Verkleinwoord: pampoentjie
Meervoud van verkleining: pampoentjies
Betekenis:
• Klein pampoene, o.a. lemoen- en murgpampoentjies.
Gebruik:
• Kook die pampoentjies tot dit sag, maar steeds ferm is.
Vertaling:
Engels: small pumpkins
Nederlands: pompoentjes
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|