Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pieringoog
pieringoog [boodskap #131776] Wo, 24 Junie 2020 10:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pieringoog
Afbreking: pie•ring•oog
Samestelling: piering + oog


Byvoeglike naamwoord: pieringoog
Attributief: pieringoog

Betekenis:
• Met oë so groot so pierings (gewoonlik oopgerek uit skrik of verbasing).

Gebruik:
• Ons hoor 'n harde knal en kyk mekaar pieringoog aan.

Sinoniem:
• grootoog

Vertaling:
Engels: big-eyed
Nederlands: grootogig


Selfstandige naamwoord: pieringoog
Meervoud: pieringoë
Verkleinwoord: pieringogie
Meervoud van verkleining: pieringogies

Betekenis:
• 'n Groot oog of iemand met groot oë (soos 'n babatjie).

Gebruik:
• My pieringoog het vandag sy eerste tree gegee.

Vertaling:
Engels: big eyes
Nederlands: schoteloog, grootoog

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ingenome
Volgende onderwerp: spekulant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 20:30:37 MGT 2024