objektiwiteit [boodskap #131773] |
Di, 23 Junie 2020 16:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
objektiwiteit
Afbreking: ob•jek•ti•wi•teit
Selfstandige naamwoord: objektiwiteit
Meervoud: –
Betekenis:
• Objektief wees; op feite gerig en gebaseer.
Gebruik:
• 'n Regter wat by 'n saak betrokke is mag nie regspraak lewer nie, omdat sy objektiwiteit in twyfel getrek kan word.
Antoniem:
• subjektiwiteit
Vertaling:
Engels: objectivity
Nederlands: objectiviteit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|