nugter [boodskap #131772] |
Di, 23 Junie 2020 14:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nugter
Afbreking: nug•ter
Byvoeglike naamwoord: nugter
Vergrotende trap: nugterder
Oortreffende trap: nugterste
Attributief: nugter
Intensief: doodnugter
Betekenis:
• By jou volle verstand en nie onder die invloed van alkohol of 'n ander middel nie.
• Voordat ontbyt genuttig is.
Gebruik:
• Noudat hy weer nugter is kan mens dalk tot hom deurdring.
• Nie op my nugter maag nie.
Spreekwoord:
• Nugter weet. [Niemand weet nie.]
• Op jou nugter maag. [Voordat jy geëet het.]
Sinoniem:
• sober
Antoniem:
• besope
Afgelei:
• nugterheid
• ontnugter
Vertaling:
Engels: sober; fasting
Nederlands: nuchter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|