watergraf [boodskap #131753] |
Ma, 22 Junie 2020 14:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
watergraf
Afbreking: wa•ter•graf
Samestelling: water + graf
Selfstandige naamwoord: watergraf
Meervoud: watergrafte
Verkleinwoord: watergraffie
Meervoud van verkleining: watergraffies
Betekenis:
• Finale rusplek vir 'n gestorwene op die bodem van die see, 'n dam of rivier.
Gebruik:
• Talle van die skepe het 'n watergraf tegemoet gegaan of op die rotse geloop.
Vertaling:
Engels: Davy Jones' locker
Nederlands: watergraf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|