verkwiklik [boodskap #131747] |
Ma, 22 Junie 2020 12:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verkwiklik
Afbreking: ver•kwik•lik
Samestelling: verkwik + -lik
Byvoeglike naamwoord: verkwiklik
Attributief: verkwiklike
Betekenis:
• Wat verkwik; verfris en lafenis bied; nuwe krag en moed gee.
Gebruik:
• Die gasvryheid was hartlik, die geselskap verkwiklik en die wintervuurtjie al te snoesig.
Sinoniem:
• verfrissend
Antoniem:
• onverkwiklik
Vertaling:
Engels: refreshing
Nederlands: verkwikkelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|