Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rusbank
rusbank [boodskap #131743] Ma, 22 Junie 2020 10:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Rusbank.
'n Rusbank.
rusbank
Afbreking: rus•bank
Samestelling: rus + bank


Selfstandige naamwoord: rusbank
Meervoud: rusbanke
Verkleinwoord: rusbankie
Meervoud van verkleining: rusbankies

Betekenis:
• 'n Meubelstuk waarop mens gemaklik kan sit of lê om uit te rus.

Gebruik:
• Die voorhuis van 'n Kaaps-Hollandse huis het gewoonlik 'n rusbank met 'n aantal stoele (dikwels met riempiesmatte) en 'n armoire (sierklere kas).

Sinoniem:
• bank
• sitbank

Hiponiem:
• diwan
• kanapee
• ottoman
• sofa

Afgelei:
• kunsleerrusbank

Vertaling:
Engels: couch, sofa, settee
Nederlands: rustbank

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rehabiliteer
Volgende onderwerp: verwittig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 20:40:55 MGT 2024