Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mango
mango [boodskap #131736] So, 21 Junie 2020 19:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Mango
Mango
mango
Afbreking: man•go


Selfstandige naamwoord: mango
Meervoud: mango's
Verkleinwoord: mango'tjie
Meervoud van verkleining: mango'tjies

Betekenis:
• (plantkunde) Die subtropiese boom Mangifera indica.
• (vrugte) Die peervormige vrug van hierdie boom met veselagtige vleis.

Gebruik:
• Die mango is 'n bladhoudende boom wat tot 40 meter hoog word.
• Ryp mango's is soet in smaak, maar hulle is bitter-suur as hulle nog groen is.

Sinoniem:
• veselperske

Afgelei:
• mangoboom
• mangonavorser
• mangoplantasie
• mangopuree
• mangosap

Vertaling:
Engels: mango
Nederlands: mango
Venda: ḽinngo
Zoeloe: umango

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: volstruispolitiek
Volgende onderwerp: alkalimetaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 20:30:55 MGT 2024