volstruispolitiek [boodskap #131735] |
So, 21 Junie 2020 19:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
volstruispolitiek
Afbreking: vol•struis•po•li•tiek
Samestelling: volstruis + politiek
Selfstandige naamwoord: volstruispolitiek
Meervoud: –
Betekenis:
• Beleid waarby politici nie die werklikheid wil raaksien nie en groot of lastige vrae aspris ignoreer.
Gebruik:
• Verlang jy miskien nie te veel na die ou dae van sensorskap en die volstruispolitiek nie?
Vertaling:
Engels: ostrichism, ostrich policy
Nederlands: struisvogelpolitiek
Nota:
• Afgelei van die foutiewe opvatting dat 'n volstruis sy kop in die sand steek as daar gevaar dreig.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|