Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grendel
grendel [boodskap #131723] Vr, 19 Junie 2020 21:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Deur met 'n grendel.
'n Deur met 'n grendel.
grendel
Afbreking: gren•del


Selfstandige naamwoord: grendel
Meervoud: grendels
Verkleinwoord: grendeltjie
Meervoud van verkleining: grendelties

Betekenis:
• Die knip van 'n deur; skuifbare stuk metaal wat keer dat 'n deur oopgemaak kan word.

Gebruik:
• Die kluis het 'n stewige grendel wat dit bykans onmoontlik maak om te kraak.

Spreekwoord:
• Agter slot en grendel. [In die tronk sit.]

Sinoniem:
• skuifbout
• ysterskuiwer

Vertaling:
Engels: bar, bolt
Nederlands: grendel


Werkwoord: grendel
Verlede tyd: het gegrendel

Betekenis:
• Met 'n grendel sluit.

Gebruik:
• Die kasteel se poorte word saans om tien gegrendel.

Vertaling:
Engels: to bolt, fasten
Nederlands: grendelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: homeopaat
Volgende onderwerp: interes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 20:39:40 MGT 2024