Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skoonveld
skoonveld [boodskap #131721] Vr, 19 Junie 2020 20:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skoonveld
Afbreking: skoon•veld
Samestelling: skoon + veld


Bywoord: skoonveld

Betekenis:
• Nêrens te bespeur nie; uit die oog; weg.

Gebruik:
• Hy is skoonveld weg, sonder 'n spoor, briefie, verduideliking of leidraad.

Spreekwoord:
• Hy is skoonveld. [Skielik verdwyn.]

Vertaling:
Engels: clean gone
Nederlands: schoon verdwenen

Skoonveld
Skoonveld

Selfstandige naamwoord: skoonveld
Meervoud: skoonvelde
Verkleinwoord: skoonveldjie
Meervoud van verkleining: skoonveldjies

Betekenis:
• Deel van 'n gholfbaan met kort gras, met uitsondering van die bowwe, hindernisse en setperke.

Gebruik:
• Onder spe­si­a­le om­stan­dig­he­de, soos as die skoon­vel­d modderig is, kan 'n klub die pla­sing-re­ël toe­pas, maar dit sal die uit­son­de­ring op die re­ël wees.

Sinoniem:
• stilveld

Antoniem:
• ruveld
• sukkelveld

Vertaling:
Engels: fairway
Nederlands: vaargeul, fairway

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kras
Volgende onderwerp: homeopaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 20:26:58 MGT 2024