polonium [boodskap #131651] |
Di, 16 Junie 2020 08:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
polonium
Afbreking: po•lo•ni•um
Selfstandige naamwoord: polonium
Meervoud: –
Betekenis:
• Chemiese element in die periodieke tabel met simbool Po en atoomgetal 84.
Gebruik:
• Polonium is 'n skaars, radio-aktiewe, metaalagtige element wat in uraan-ertse voorkom en wat se chemiese eienskappe ooreenkomste met tellurium en bismut toon.
Afgelei:
• poloniumatoom
Vertaling:
Engels: polonium
Nederlands: polonium
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|