versamelnaam [boodskap #131637] |
Ma, 15 Junie 2020 18:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
versamelnaam
Afbreking: ver•sa•mel•naam
Samestelling: versamel + naam
Selfstandige naamwoord: versamelnaam
Meervoud: versamelname
Verkleinwoord: versamelnaampie
Meervoud van verkleining: versamelnaampies
Betekenis:
• 'n Selfstandige naamwoord wat 'n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Gebruik:
• Hoewel 'n versamelnaam na 'n versameling of groepering verwys, is dit altyd 'n enkelvoud.
• Die leer, die bos en die jeug is voorbeelde van versamelname.
Sinoniem:
• versamelwoord
Vertaling:
Engels: collective noun
Nederlands: verzamelnaam, collectivum
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|