bitterbek [boodskap #131635] |
Ma, 15 Junie 2020 15:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bitterbek
Afbreking: bit•ter•bek
Samestelling: bitter + bek
Selfstandige naamwoord: bitterbek
Meervoud: bitterbekke
Betekenis:
• Persoon wat gewoonlik negatief, nors en knorrig is.
• 'n Donkie of esel.
Gebruik:
• Jy moenie al die beterweterige bitterbek se stories glo nie.
Sinoniem:
• suurknol
• suurpruim
Vertaling:
Engels: bitter mouth, sourpuss; donkey
Nederlands: zuurpruim; ezel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|