grondves [boodskap #131558] |
Sa, 13 Junie 2020 18:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grondves
Afbreking: grond•ves
Werkwoord: grondves
Verlede tyd: het gegrondves
Betekenis:
• Die grondslag of fondament vir iets lê.
Gebruik:
• Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer. [Sagaria 12:1]
Vertaling:
Engels: to found, establish, lay foundation, erect
Nederlands: grondvesten
Selfstandige naamwoord: grondves
Meervoud: grondveste
Betekenis:
• Die grondslag of fondament van iets.
Gebruik:
• 'n Goeie bestel kan immers nie 'n slegte as grondves hê nie.
Sinoniem:
• basis
• beginsel
• fondament
• grondslag
Afgelei:
• grondvester
• grondvesting
Vertaling:
Engels: foundation, principle
Nederlands: grondvest
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|