holderstebolder [boodskap #131551] |
Sa, 13 Junie 2020 11:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
holderstebolder
Afbreking: hol•der•ste•bol•der
Bywoord: holderstebolder
Betekenis:
• Baie deurmekaar, verward en oorhaastig.
Gebruik:
• Leef holderstebolder, want die kis wag op die solder en die lewe is 'n skadu teen die muur... [Koop du Plessis]
Sinoniem:
• gat oor kop
• halsoorkop
• harlaboerla
Wisselvorm:
• holderbolder
• holderdebolder
• holdertebolder
• holderkabolder
Vertaling:
Engels: head over heels, hurly-burly, helter-skelter, pell-mell, topsy-turvy
Nederlands: holderdebolder, holderenbolder
Nota:
• Van Nederlandse oorsprong as klanknabootsing van iets wat rollend en rasend na benede stort.
• Digterlike gebruik: Holder de bolder ons het 'n koei op die solder.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|