feil [boodskap #131543] |
Do, 11 Junie 2020 15:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
feil
Afbreking: feil
Selfstandige naamwoord: feil
Meervoud: feile
Betekenis:
• (argaïes) 'n Fout, gebrek of tekortkoming.
Gebruik:
• Wie is dan sonder feile en foute?
Afgelei:
• feilbaar
• feilloos
Homofoon:
• veil (vir geld verruil)
• vyl (gereedskap om iets dunner en gladder te maak)
Vertaling:
Engels: fault, error, mistake
Nederlands: feil
Werkwoord: feil
Verlede tyd: het gefeil
Betekenis:
• (argaïes) 'n Fout begaan; faal.
Gebruik:
• Ons het liederlik in ons berekening gefeil.
Vertaling:
Engels: to err, go wrong
Nederlands: feilen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|