Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » weerwolf
weerwolf [boodskap #131527] Wo, 10 Junie 2020 11:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Voorstelling van 'n weerwolf.
Voorstelling van 'n weerwolf.
weerwolf
Afbreking: weer•wolf
Uitspraak: /ˈviə̯rvoɫf/


Selfstandige naamwoord: weerwolf
Meervoud: weerwolwe
Verkleinwoord: weerwolfie
Meervoud van verkleining: weerwolfies

Betekenis:
• (mitologie) Mens wat volgens 'n ou bygeloof in 'n wolf kan verander.
• 'n Aardwolf, Proteles cristatus.

Gebruik:
• Die verhaal gaan oor 'n weerwolf wat tydens volmaan uitgaan om mense en diere te jag.
• Die aardwolf se pels is liggeel, met vier of vyf vertikale swart strepe op die lyf en onreëlmatige strepe op die pote.

Sinoniem:
• erdwolf
• maanhaarjakkals
• nadroe
• nadroejakkals
• gheip

Vertaling:
Duits: Werwolf; Erdwolf
Engels: werewolf; aardwolf, maned jackal
Nederlands: weerwolf; aardwolf
Zoeloe: isingci

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ghoeroe
Volgende onderwerp: kolporteer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 22:27:56 MGT 2024