ghoeroe [boodskap #131526] |
Wo, 10 Junie 2020 10:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ghoeroe
Afbreking: ghoe•roe
Selfstandige naamwoord: ghoeroe
Meervoud: ghoeroes
Betekenis:
• Iemand wat alles van 'n bepaald onderwerp weet; 'n outoriteit.
• Spirituele leier, veral in Oosterse (Indiese) godsdienste en sektes.
Gebruik:
• Hy is 'n finansiële ghoeroe.
• Sikhisme het in die 16de eeu ontstaan toe ghoeroe Nānak die beste van Hindoeïsme en die Islām wou neem om 'n verenigde godsdiens te vorm.
Afgelei:
• kos-ghoeroe
• kruie-ghoeroe
• taalghoeroe
• wiskundeghoeroe
Vertaling:
Engels: guru
Nederlands: goeroe
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|