semel [boodskap #131523] |
Wo, 10 Junie 2020 09:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
semel
Afbreking: se•mel
Selfstandige naamwoord: semel
Meervoud: semels
Verkleinwoord: semeltjie
Meervoud van verkleining: semeltjies
Betekenis:
• Die vlies of doppie van 'n graankorrel.
• (figuurlik) Onbeholpe of onervare manlike persoon.
Gebruik:
• Om wit meel te kry moet die semel en kiem verwyder word. Semels is ryk aan voedingsvesel en bevorder die stoelgang.
• Waar kom die semel vandaan?
Sinoniem:
• perikarp
Afgelei:
• semelagtig
• semelbroek
• semelbrood
• semelknoper
• semelkuiken
Vertaling:
Engels: bran
Nederlands: zemel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|