konyn [boodskap #131516] |
Di, 09 Junie 2020 10:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
konyn
Afbreking: ko•nyn
Selfstandige naamwoord: konyn
Meervoud: konyne
Verkleinwoord: konyntjie
Meervoud van verkleining: konyntjies
Betekenis:
• 'n Haasagtige soogdier, Oryctolagus cuniculus, met korter agterbene en ore as 'n haas.
Gebruik:
• Hase bly bo die grond terwyl konyne skuiling in splete en ander ondergrondse gate soek.
Afgelei:
• konynhok
• konynvel
• proefkonyn
Vertaling:
Engels: rabbit, cony
Nederlands: konijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|