Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » varing
varing [boodskap #131511] Di, 09 Junie 2020 07:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Varing.
'n Varing.
varing
Afbreking: va•ring


Selfstandige naamwoord: varing
Meervoud: varings
Verkleinwoord: varinkie
Meervoud van verkleining: varinkies

Betekenis:
• Vaatplant van die klas Pteropsida wat met spore voortplant (en dus nie 'n saadplant is nie).

Gebruik:
Varings benodig water vir voortplanting, maar sommige het by droë omgewings aangepas deur die vermoë te ontwikkel om op water te wag.

Hiponiem:
• boomvaring
• lansvaring
• nooienshaarvaring
• seweweeksvaring
• stoffervaring
• swaardvaring
• takbokvaring
• voëlnesvaring

Afgelei:
• varingagtige
• varingblaar
• varingspesie
• varingtak
• varingtuin

Vertaling:
Engels: fern
Nederlands: varen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vuurmaakhout
Volgende onderwerp: esteties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 22:34:29 MGT 2024