pejoratief [boodskap #131509] |
Ma, 08 Junie 2020 21:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pejoratief
Afbreking: pe•jo•ra•tief
Selfstandige naamwoord: pejoratief
Meervoud: pejoratiewe
Betekenis:
• 'n Negatiewe woord waarmee minagting getoon word. Woord met 'n ongunstige betekenis.
Gebruik:
• Jy gebruik te veel pejoratiewe in jou teks, dit sal mense afsit.
Vertaling:
Engels: pejorative
Nederlands: pejoratief
Byvoeglike naamwoord: pejoratief
Attributief: pejoratiewe
Betekenis:
• Dui 'n ongunstige hoedanigheid of ontwikkeling aan; minagting toon.
Gebruik:
• Pejoratiewe woorde moet omsigtig gebruik word.
Vertaling:
Engels: pejorative
Nederlands: pejoratief
Nota:
• Van Latyn, pejor, erger of slegter.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|