knal [boodskap #131488] |
Sa, 06 Junie 2020 11:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
knal
Afbreking: knal
Selfstandige naamwoord: knal
Meervoud: knalle
Verkleinwoord: knalletjie
Meervoud van verkleining: knalletjies
Betekenis:
• 'n Kort en harde geluid, soos die van 'n ontploffing.
Gebruik:
• Ons hoor 'n knal en sien 'n rookpluim in die lug in optrek.
Afgelei:
• knaldemper
• oerknal
Vertaling:
Engels: bang, crack, crash, pop
Nederlands: knal
Werkwoord: knal
Verlede tyd: het geknal
Betekenis:
• 'n Kort en harde geluid maak.
Gebruik:
• Die skoot knal deur die lug.
Vertaling:
Engels: to bang, crack, crash, pop
Nederlands: knallen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|