Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verdrink
verdrink [boodskap #131474] Wo, 03 Junie 2020 14:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verdrink
Afbreking: ver•drink


Werkwoord: verdrink
Verlede tyd: het verdrink

Betekenis:
• Om in water dood te gaan.
• (figuurlik) Om 'n negatiewe emosie met die drink van alkohol te onderdruk.

Gebruik:
• 'n Seun het gister in die see verdrink.
• Ná die egskeiding het hy sy verdriet in die kroeg verdrink.

Spreekwoord:
• Die kalf is verdrink. [Daar is nou niks meer aan die saak te doen nie.]
• Meer mense verdrink in 'n glas as in die see. [Drank eis meer slagoffers as die see.]
• As die kalf verdrink, word die put gedemp. [Wanneer die skade klaar gely is, word maatreëls daarteen getref.]

Sinoniem:
• versuip

Afgelei:
• verdrinking

Vertaling:
Engels: to drown, be drowned; to drink away
Nederlands: verdrinken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pierewaai
Volgende onderwerp: bestee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 05:30:46 MGT 2024