rysmier [boodskap #131463] |
Ma, 01 Junie 2020 19:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rysmier
Afbreking: rys•mier
Samestelling: rys + mier
Selfstandige naamwoord: rysmier
Meervoud: rysmiere
Verkleinwoord: rysmiertjie
Meervoud van verkleining: rysmiertjies
Betekenis:
• Insek met 'n witterige agterlyf van die orde Isoptera.
Gebruik:
• Die rysmier kry sy naam deels omdat sy lyfie soos 'n ryskorrel lyk en deels omdat hy soos 'n mier in groot kolonies woon.
Sinoniem:
• termiet
• witmier
Vertaling:
Engels: white ant, termite
Nederlands: rijstmier, termiet
Werkwoord: rysmier
Verlede tyd: het gerysmier
Betekenis:
• Om te ondermyn of te ondergrawe.
Gebruik:
• Sy kollegas het hom gerysmier.
Vertaling:
Engels: to sabotage
Nederlands: saboteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|