ambag [boodskap #131459] |
So, 31 Mei 2020 20:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ambag
Afbreking: am•bag
Selfstandige naamwoord: ambag
Meervoud: ambagte
Verkleinwoord: ambaggie
Meervoud van verkleining: ambaggies
Betekenis:
• Handewerk wat as beroep beoefen word.
Gebruik:
• Sy familie het geslagte lank die ambag van klavierbou beoefen.
Sinoniem:
• beroep
• handwerk
• vak
Afgelei:
• ambagsgenoot
• ambagskap
• ambagskool
• ambagskuns
• ambagsleerling
• ambagsliede
• ambagslui
• ambagsman
• ambagsonderwys
• ambagsopleiding
• ambagstatus
• ambagstoets
• ambagtelik
• ambagtoets
• snyersambag
Vertaling:
Engels: craft, trade, business, occupation, profession
Nederlands: ambacht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|