uitdaag [boodskap #131442] |
Vr, 29 Mei 2020 19:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitdaag
Afbreking: uit•daag
Samestelling: uit + daag
Werkwoord: daag uit, uitdaag
Verlede tyd: het uitgedaag
Betekenis:
• Iemand met woord of daad tot aksie oproep.
Gebruik:
• Hy kon sy teenstander uitdaag om teen hom arm te druk.
Sinoniem:
• tart
• terg
Afgelei:
• uitdaagbeker
• uitdaagronde
• uitdaagwedstryd
• uitdager
• uitdaging
Vertaling:
Engels: to challenge, dare
Nederlands: uitdagen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|