hofsaak [boodskap #131406] |
Di, 26 Mei 2020 16:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hofsaak
Afbreking: hof•saak
Samestelling: hof + saak
Selfstandige naamwoord: hofsaak
Meervoud: hofsake
Verkleinwoord: hofsakie
Meervoud van verkleining: hofsakies
Betekenis:
• 'n Geskil tussen twee of meer partye oor hul regte wat aan die uitspraak van 'n regter onderwerp word.
Gebruik:
• Uitspraak word voorbehou in die hofsaak teen die departement.
Sinoniem:
• regsgeding
Afgelei:
• hooggeregshofsaak
Vertaling:
Engels: lawsuit, court case
Nederlands: rechtszaak, proces
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|