Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » heg
heg [boodskap #131364] Sa, 23 Mei 2020 08:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
heg
Afbreking: heg


Werkwoord: heg
Verlede tyd: het geheg

Betekenis:
• Aan mekaar koppel of vassit.

Gebruik:
• Moenie te veel waarde aan aardse besittings heg nie.

Sinoniem:
• vasbind
• vasmaak
• vassit
• verbind

Afgelei:
• hegdraad
• hegmiddel
• hegnaald
• hegpleister

Vertaling:
Engels: to join, fasten, attach, affix, heal
Nederlands: hechten


Byvoeglike naamwoord: heg
Vergrotende trap: hegter
Oortreffende trap: hegste
Attributief: hegte

Betekenis:
• Naby mekaar.

Gebruik:
• Hulle het 'n hegte vriendskap.

Vertaling:
Engels: firm, solid, staunch
Nederlands: hechten


Selfstandige naamwoord: heg
Meervoud: hegge
Verkleinwoord: heggie
Meervoud van verkleining: heggies

Betekenis:
• (ongewoon) 'n Heining van struike of soortgelyke belemmering.

Gebruik:
• Die polisie het die misdadiger oor heg en steg agtervolg.

Spreekwoord:
• Hy gaan oor heg en steg. [Oor alle soorte terreine.]

Vertaling:
Engels: hedge, hedgerow, fence
Nederlands: haag, heg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gaap
Volgende onderwerp: kul
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 22:34:26 MGT 2024