teleurgesteld [boodskap #131352] |
Do, 21 Mei 2020 16:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
teleurgesteld
Afbreking: te•leur•ge•steld
Samestelling: teleur + gestel(d)
Byvoeglike naamwoord: teleurgesteld
Attributief: teleurgestelde
Betekenis:
• 'n Onaangename gevoel omdat 'n verwagting of hoop nie verwesenlik is nie.
Gebruik:
• Die Here was diep teleurgesteld in Salomo en het kwaad geword vir hom. [1 Konings 11:9]
• Die teleurgestelde kinders begin om luid te protesteer.
Spelfout:
• teleergesteld
Vertaling:
Engels: disappointed
Nederlands: teleurgesteld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|