lofgedig [boodskap #131332] |
Di, 19 Mei 2020 15:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lofgedig
Afbreking: lof•ge•dig
Samestelling: lof + gedig
Selfstandige naamwoord: lofgedig
Meervoud: lofgedigte
Verkleinwoord: lofgediggie
Meervoud van verkleining: lofgediggies
Betekenis:
• 'n Gedig wat lof aan iets of iemand toeswaai.
Gebruik:
• Juig al wat leef, juig voor die Heer, dien God met blydskap, gee Hom eer. Kom nader voor Sy aangesig en prys Hom met 'n lofgedig! [Psalm 100]
Verwant:
• lofdigter
Vertaling:
Engels: hymn poem
Nederlands: hymne gedicht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|