gleuf [boodskap #131322] |
Ma, 18 Mei 2020 17:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gleuf
Afbreking: gleuf
Selfstandige naamwoord: gleuf
Meervoud: gleuwe
Verkleinwoord: gleufie
Meervoud van verkleining: gleufies
Betekenis:
• 'n Langerige opening of inkeping in iets.
Gebruik:
• Sy druk haar bankkaart in die gleuf in en kies uit 'n handvol tale om in Afrikaans gehelp te word.
Afgelei:
• gleufmasjien
• gleufmoer
• gleufring
• gleufwerk
Vertaling:
Engels: groove, slit
Nederlands: gleuf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|