twyfelagtig [boodskap #131314] |
Ma, 18 Mei 2020 15:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
twyfelagtig
Afbreking: twy•fel•ag•tig
Samestelling: twyfel + -agtig
Byvoeglike naamwoord: twyfelagtig
Vergrotende trap: twyfelagtiger
Oortreffende trap: twyfelagtigste
Attributief: twyfelagtige
Betekenis:
• Met 'n gevoel van onsekerheid of aarseling; bedenklik.
• Wat agterdog wek.
Gebruik:
• By nadere ondersoek het ons gevind dat die inligting twyfelagtig is, en dat dit van 'n twyfelagtige bron kom.
• Die woorde van sommige popliedjies het 'n twyfelagtige strekking, en enkeles is selfs ondermynend.
Sinoniem:
• dubieus (ongewoon)
Afgelei:
• twyfelagtigheid
Vertaling:
Engels: dubious, doubtful
Nederlands: twijfelachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|