Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dwaas
dwaas [boodskap #131310] So, 17 Mei 2020 19:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19333
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dwaas
Afbreking: dwaas


Byvoeglike naamwoord: dwaas
Vergrotende trap: dwaser
Oortreffende trap: dwaasste
Attributief: dwase

Betekenis:
• Wat gek en onverstandig is.

Gebruik:
• Hulle sê dit is dwaas om met jou hande gevou te sit en niks te werk nie, want jy sal van die honger doodgaan. [Prediker 4:5]

Sinoniem:
• dom
• onnosel

Antoniem:
• slim
• verstandig
• wys

Afgelei:
• dwaasheid

Vertaling:
Engels: absurd, foolish, silly, crazy
Nederlands: dwaas


Selfstandige naamwoord: dwaas
Meervoud: dwase

Betekenis:
• Iemand wat onverstandig dink en/of handel.

Gebruik:
• In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad. [Spreuke 12:15]

Spreekwoord:
• Een dwaas kan meer vra as wat sewe wyses kan beantwoord. ['n Onverstandige persoon kan soms onmoontlike vrae stel.]

Sinoniem:
• gek

Vertaling:
Engels: fool, idiot, moron, prat
Nederlands: dwaas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: digby
Volgende onderwerp: eb
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 15:35:51 MGT 2024