Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoerery
hoerery [boodskap #131206] Do, 07 Mei 2020 19:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hoerery
Afbreking: hoe•re•ry


Selfstandige naamwoord: hoerery
Meervoud: hoererye

Betekenis:
• Vleeslike gemeenskap buite die huwelik; owerspel; ontug.
• (figuurlik) Dit waardeur iemand besoedel en verontrein word, soos afgodediens of heidense praktyke.

Gebruik:
• Enige sonde wat 'n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf, sondig teen sy eie liggaam. [1 Kor 6:18]
• So sal Ek dan by jou 'n einde maak aan jou skandelike dade en jou hoerery, uit Egipteland afkomstig; en jy sal jou oë nie na hulle opslaan en aan Egipte nie meer dink nie. [Eseg 23:27.]

Verwant:
• hoereer
• hoereerder

Vertaling:
Engels: whoredom, sexual immorality, prostitution; idolatry
Nederlands: hoererij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dronkenskap
Volgende onderwerp: twis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 00:20:24 MGT 2024